Skip to content

Tennis: Alcaraz prys ‘beste fisioterapeut ter wêreld’ na oorwinning by Tokio Ope

# Tennis: Carlos Alcaraz sê hy het die “beste fisioterapeut ter wêreld” nadat hy ondanks ‘n enkelbesering daarin kon slaag om Zizou Bergs van België in die tweede ronde van die Japan Ope te klop. Die wêreld se nommer een sê hy was “bang” nadat hy Donderdag skeef geland het tydens sy eerste ronde oorwinning oor Sebastian Baez. Maar die 22-jarige Spanjaard het perdfris voorgekom toe hy oor die ongekeurde Belg geseil het om ‘n kwarteindstryd teen die Amerikaner Brandon Nakashima in Tokio op te stel.