Skip to content

Toyota open ‘lewendige laboratorium’ vir toekomstegnologie

# Die topverkoper voertuigvervaardiger, Toyota het sy nuwe hoëtegnologie dorpie in Japan geopen. Dit is ‘n eksperimentele projek om outonome voertuighantering en ander futuristiese ontwikkelings te toets. Die dorpie word voorgestel as ‘n voorbeeld van die werklike lewe om ‘n magdom uitvindings te toets, van vlieënde taxis tot robot-troeteldiere en hommeltuie wat jou in die nag huis toe vergesel. Omtrent 360-Toyota personeellede en ander persone wat aan die maatskappy verbonde is sal binnekort in die slimhuise intrek. Die dorpie is op ‘n ongebruikte Toyota-perseel aan die voet van Berg Fuji en sal uiteindelik twee-mijoen mense huisves.