Skip to content

Treatment Action Campaign en SECTION27 teen plan om UNAIDS te sluit

# Die Treatment Action Campaign en SECTION27 is ernstig gekant teen die plan om UNAIDS te sluit omdat dit ‘n verwoestende uitwerking sal hê op die lewens van miljoene mense wat geraak word deur MIV/VIGS. Die Verenigde Nasies se agentskap wat op die MIV/VIGS pandemie fokus, kan so vroeg as die einde van volgende jaar sluit weens Amerika se besnoeiing van hulp aan die buiteland. SECTION27 se uitvoerende hoof, Sasha Stevenson, sê as UNAIDS nou sou sluit, sal dit dekades se vordering ondermyn en die globale koördinasie van die MIV reaksie verswak.