# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die adjunk-nasionale polisiekommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, ondersteun in sy poging om beheer oor alle polisiedossiere te neem. Masemola het by die Madlanga-kommissie in Pretoria getuig en sê dié inmenging het behoorlike toesig belemmer en die ondersoek na politieke moorde en misdaadkartelle vertraag. Hy het bygevoeg Mchunu ondersteun ook Sibiya se pogings om ondersoeke te sentraliseer, insluitend dié van die taakspan vir politieke moorde, wat die gevaar veroorsaak het om voortgesette ondersoeke te belemmer:
Masemola beskuldig Minister Mchunu dat hy Sibiya se poging ondersteun om beheer oor polisiesake te neem [KLANK]
ENG MasemolaOnPowerGrab