# Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het die huurmoordenaar Sabelo Phewa tot twee maal lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die munisipale bestuurder van Richmond, Sibusiso Sithole. Sithole is buite die lisensiekantoor in die dorp doodgeskiet, onderweg na ‘n vergadering oor bedrog en korrupsie rondom tenders en gunslone in die munisipaliteit. Phewa word ook met die moord op die vrou van Amos Ngcobo verbind, wat in Hillcrest, wes van Durban doodgeskiet is. Hy is ook gevonnis vir poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Huurmoordenaar twee maal lewenslank gevonnis vir moord op Richmond munisipale bestuurder