# Sokker: Paris St-Germain en Frankryk se voorspeler, Ousmane Dembélé, het sy eerste Ballon d’Or gewen. Die 28-jarige speler het die vorige PSG-seisoen 35 doele aangeteken toe sy span die Kampioeneliga, die liga-titel en die Franse Beker gewen het. PSG-bestuurder Luis Enrique is die afrigter van die jaar. Barcelona en Spanje se middelveldspeler, Aitana Bonmati, is die eerste vrou wat die Ballon d’Or drie agtereenvolgende jare wen. Engeland se afrigter, Sarina Wiegman, is aangewys as beste vroue-afrigter. Arsenal en PSG spog onderskeidelik met toekennings vir die beste vroue- en mansklub van die jaar.
Sokker: Ousmane Dembélé en Aitana Bonmati wen die Ballon d’Or-toekenning