# Die Hertogin van York is verwyder as beskermvrou van ‘n kinderliefdadigheidsorganisasie ná ‘n e-pos waarin sy die seksoortreder Jeffrey Epstein haar uitsonderlike vriend genoem het. Julia’s House, ‘n tehuis van die organisasie wat gesinne in die Engelse dorpe Dorset en Wiltshire bedien, het Sarah Ferguson, die voormalige vrou van Prins Andrew uit haar rol verwyder. ‘n Woordvoerder van die liefdadigheidsorganisasie het gesê na aanleiding van die nuus oor die e-pos het hulle besluit dit sal onvanpas wees indien sy as beskermvrou aanbly.
Liefdadigheidsorganisasie verwyder Sarah Ferguson oor Epstein-e-pos