Skip to content

Zimbabwe verhoog sy 2025-groeivoorspelling vir tabak-oes en ekonomie

# Zimbabwe het sy ekonomiese groeivoorspelling vir 2025 opwaarts hersien na 6,6-persent, vanaf ‘n vorige ses-persent. Die minister van Finansies, Mthuli Ncube, sê die verbeterde vooruitsigte word gedryf deur ‘n sterker as verwagte tabak-oes en ‘n wêreldwye styging in die goudprys wat mynbou-inkomste verhoog. Groei het verlede jaar verlangsaam tot slegs twee-persent nadat El Niño ‘n droogte veroorsaak het en gewasopbrengste en waterkrag getref het. Ekonome sê met landbou wat herstel, veral in tabak en mielies, en mynbou wat voordeel trek uit hoë kommoditeitspryse, toon Zimbabwe se ekonomie tekens van veerkragtigheid.