# Ontvolkte dorpe in Duitsland se voorheen kommunistiese Ooste het ʼn ongewone manier bedink om weer lewe te kry. Hulle bied weke lank baie goedkoop verblyf aan mense om moontlike inwoners ʼn voorsmaak van die plek te gee. Die “proeftydperk”-projek wil halfverlate gemeenskappe nuwe lewe gee met die 35ste herdenking van Duitsland se eenwording op 3 Oktober. Een van hierdie dorpe is die klein dorpie, Guben, op die Poolse grens. Voornemende inwoners betaal net twee-duisend-rand per week vir vier weke met die moontlikheid om daar te gaan woon.