# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid ʼn finale verbeurdverklaringsbevel toegestaan teen ʼn maatskappy wat met die diamanthandelaar, Louis Liebenberg, en sy vrou Desiree se bedrieglike beleggingskema verbind word. Die bevel het betrekking op winste uit onwettige aktiwiteite wat in ʼn Standard Bank-rekening in die naam van die ZencoCare-maatskappy gehou word. Desiree Liebenberg is ZencoCare se enigste direkteur. Die egpaar word betrek by ʼn onwettige beleggingskema wat plaaslike en buitelandse mense gelok het om in pakkies diamante te belê.
NVG se Batebeslagleggingseenheid kry verbeurdverklaringsbevel van R4-miljoen wat met Liebenberg-ponzi-skema verband hou