# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die Elektroniese Reisbemagtingingstelsel gebruik kunsmatige intelligensie om korrupsie te beveg. Hy het by die Toerisme Leierskonferensie by Sun City, verduidelik dat die digitale platform visumaansoeke sal outomatiseer, paspoorte sal verifieer, en selfies met paspoortfoto’s vergelyk. Die stelsel, wat aanvanklik vir toeristevisums van minder as 90-dae gebruik sal word, sal uitgebrei word, en beoog om meer doeltreffend te wees, grensekerheid te verbeter, en toerisme en belegging te bevorder:
Binnelandse Sake se Elektroniese Reisbemagtigingstelsel verleng visums aanlyn, verhoed oorverblyf [KLANK]
ENG-SchreiberOnETA