# Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3-persent verlangsaam, minder as die 3,5-persent in Julie. Die hoofdirekteur van prys-statistieke, Patrick Kelly, sê laer voedsel- en brandstofpryse het gehelp om die koers te verlaag. Jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het tot 5,2-persent gedaal en brandstof het met 5,7-persent gedaal. Intussen is stapelvoedsel, insluitend graankosse en witrys, goedkoper, maar beesvleis en sekere groente bly duur:
SA se jaarlikse inflasie daal tot 3,3% in Augustus, voedselpryse verlangsaam [KLANK]
ENG-KellyOnPrices