# Die Internasionale Energie-agentskap sê die gemiddelde tempo waarteen olie- en gasvelde se produksie oor tyd afneem, het wêreldwyd aansienlik versnel. Dit is grootliks vanweë groter afhanklikheid van skalie- en diepsee-bronne. Die nuwe IEA-verslag sê die gemiddelde wêreldkoerse vir jaarlikse na-spits-afname is 5,6-persent vir olie-produksie en 6,8-persent vir konvensionele aardgas. Die agentskap sê sonder voortgesette belegging sou die wêreld elke jaar die ekwivalent van Brasilië en Noorweë se gesamentlike produksie uit die globale oliebelang verloor.
Energieagentskap sê afname in produksie van bestaande olie- en gasvelde versnel