# Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwerp adjunkpresident Paul Mashatile se bewering dat Swart Ekonomiese Bemagtiging ‘n groot sukses is. Die organisasie sê bewyse toon Swart Ekonomiese Bemagtiging het werkloosheid vererger, ongelykheid verdiep, beleggings ontmoedig en hoofsaaklik ‘n klein elite-groep bevoordeel. Hermann Pretorius van die instituut sê meer as 80-persent van Suid-Afrikaners ondersteun meriete-gebaseerde aanstellings en billike verkryging, in plaas van ras-gebaseerde beleide. Pretorius doen ‘n beroep op ‘n nuwe nie-rassige beleid wat fokus op werk, vaardighede en werklike groei.
Instituut vir Rasseverhoudinge verwerp Mashatile se bewering dat Swart Ekonomiese Bemagtiging ‘n groot sukses is