# Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie het aangekondig professor Brian Figaji is sy nuwe kanselier. Die universiteitsraad het die aanstelling vroeër vandeesmaand goedgekeur en Figaji het Sondag amptelik die rol vir ‘n vier-jaar-termyn aanvaar. Figaji was voorheen rektor van die voormalige Skiereiland Technikon, wat twee dekades terug met die Kaapse Technikon saamgesmelt het om die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie te vorm. Hy volg Thandi Modise op. Die universiteit sê dit is ‘n voorreg om Figaji aan die stuur van sake te hê.
Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie stel professor Brian Figaji aan as nuwe kanselier