# AfriForum versoek gemeenskappe en munisipaliteite hierdie lente vir uiterste weerstoestande voor te berei. Die nasionale rampbestuursentrum en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen bogemiddelde reën in die noordoostelike dele van die land, hoër temperature en veldbrand-gevare, oorstromings, sterk wind en selfs sneeu. Tarien Cooks van AfriForum het verwys na die verwoestende 2022-vloede in KwaZulu-Natal en sê swak munisipale beplanning en instandhouding verhoog die gevare: