Skip to content

Erfenisdag-veldtog vra Suid-Afrikaners om bloed te skenk

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens en die Tafelronde van Suider-Afrika het in Erfenismaand ‘n bloedskenkings-veldtog van stapel gestuur wat tot Februarie duur. Dit is daarop gemik om te verseker dat daar geen bloedtekort is nie deur mense aan te moedig om gereelde skenkers te word en te beklemtoon dat elke skenking ‘n daad is wat lewens red. Tans skenk minder as een-persent van Suid-Afrikaners bloed, wat laer is as die Wêreldgesondheids-organisasie se teiken van een- tot drie persent.