# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê enige besluit oor Suid-Afrika se benadering tot die inflasieteiken moenie ligtelik geneem word nie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wil ʼn nuwe inflasieteiken stel en voer aan die huidige koers maak dat die land nie mededingend is nie en plaas druk op landsburgers. Die land se inflasiesyfer het die afgelope jaar gedaal en staan sedert Oktober 2024 op sowat drie-persent. Masondo sê lae en bestendige inflasie ondersteun mededingendheid, versterk aanvraag, verlaag leningskoste en bevorder werkskepping.
Adjunkminister van Finansies sê benadering tot inflasieteiken moenie ligtelik opgeneem word nie