# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika floreer nie maar oorleef slegs. Die groei van die bruto binnelandse produk word volgende jaar geskat op slegs 1,3-persent en privaat sektor-belegging bly ver onder die vlakke van voor Covid-19. Die buro waarsku groei word gestrem deur min privaat belegging, burokrasie en korrupsie, ondanks stygende verbruikersbesteding. Ondernemings noem probleme met vertraagde regeringsbetalings, misdaadverwante koste en oormatige burokrasie. Talle sake-eienaars is bekommerd dat 2025 die jaar sal wees waarin hulle hulle deure sal moet sluit.
Buro vir Ekonomiese Navorsing waarsku SA floreer nie maar oorleef slegs terwyl groei stagneer