# Die Openbare Beskermer gaan die beleërde uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, ondersoek oor bewerings dat hy oor drie jaar meer as tien-miljoen-rand aan veiligheidsmaatreëls bestee het. Bewerings sluit ook ‘n gepantserde BMW-X5 van vier-miljoen-rand en die indiensneming van nege lyfwagte in. ‘n Verklikker beweer van die wagte beskerm sy gesin. Dit maak van hom die mees beskermde hoof van ‘n staatsonderneming met meer veiligheid as ministers. Letsoalo beweer dit is geregverdig ná dreigemente rakende sy werk teen bedrog, maar die Departement van Vervoer sê geen dreigemente is aangemeld nie.
Openbare Beskermer ondersoek Padongelukkefonds se uitvoerende hoof oor pantser-BMW van R4-miljoen