# Die Nasionale Tesourie het hom op artikel 216 van die Grondwet beroep wat hom toestemming gee om fondse van staatsinstellings te weerhou wat wetgewing oor finansiële bestuur oortree. Munisipaliteite en staatsinstelling het die Ouditeur-generaal se kantoor einde Julie 1,83-miljard-rand geskuld. Dis ʼn aansienlike toename van die 1,35-miljard-rand wat in Maart aangeteken is. Herhaalde wanbetalers sluit Denel en die Suid-Afrikaanse Poskantoor in. Die Tesourie sê sy moniteringsraamwerk saam met die Ouditeur-generaal sluit in opsporing van wanbetalers en die aanbeveling dat bankrot-instellings se skuld afgeskryf word.
Tesourie help Ouditeur-generaal se kantoor om skuld van R1,83-miljard in te vorder