Skip to content

Nuwe bewyse in SAFA-bedrogsaak teen Jordaan en medebeskuldigdes

# Nuwe bewyse het na vore gekom in die bedrogsaak van 1,1-miljoen-rand teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, die hoof-finansiële beampte, Gronie Hluyo, en die sakeman Trevor Neethling. Die Palm Ridge-Handelsmisdaadhof in Gauteng het gehoor die staat het 64 gigagrepe materiaal om te verwerk voor verrigtinge kan voortgaan. Die aanklaer, Moagi Malebati, sê die verdediging het net sekere e-posse ingedien, wat ‘n dagvaarding aan die diensverskaffer, Afrihost, tot gevolg gehad het. Die saak is uitgestel tot 21 November. Die beskuldigdes is uit op borgtog van 20-duisend-rand elk.