Skip to content

Hof verwerp Bester en Magudumana se aansoek om ’n Netflix-dokumentêr te keer

# Die Hooggeregshof in Pretoria het ʼn dringende aansoek van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester en sy gewese vriendin, Nandipha Magudumana, met koste van die hand gewys. Hulle wou keer dat die Netflix-dokumentêr Beauty and the Bester uitgesaai word. Hulle het aangevoer dit bevat lasterlike inligting en maak inbreuk op hul reg op ʼn regverdige verhoor. Regter Suet Potterill het beslis die aansoek is nie dringend nie en die aanname van onskuldig tot skuldig bewys, sal nie deur die dokumentêr beïnvloed word nie.