# Die JSE-genoteerde eiendombeleggingstrust, Growthpoint Properties, sê hy het ten spyte van voortslepende druk van buite goeie finansiële uitslae behaal. Die maatskappy se uitkeerbare inkomste per aandeel het vir die jaar tot 30 Junie op ʼn jaargrondslag met 3.1-persent gestyg terwyl sy totale dividend met 6,1-persent toegeneem het. Die uitvoerende hoof Suid-Afrika, Estienne de Klerk, sê die positiewe uitslae word hoofsaaklik toegeskryf aan beter prestasie deur die Suid-Afrikaanse portefeulje, en beter verwagtinge oor finansiële koste:
Growthpoint Properties behaal positiewe finansiële uitslae [KLANK]
AFR DeKlerkOnGrowth