# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê die regering gaan voort om ekonomiese en fiskale hervormings, soos skuldvolhoubaarheid, na te streef om Suid-Afrika se ekonomie op ‘n volhoubare grondslag te plaas. In 2025/2026 word verwag dat staatskuld sal bestendig op 77,4-persent van die bruto binnelandse produk. Masondo sê namate skulddienskoste daal, kan sommige van die besparings gebruik word om fiskale buffers te bou en in produktiewe infrastruktuur te belê. Hy sê infrastruktuurverbeterings het die potensiaal om die koste van sake doen te verminder en is dus positief vir ekonomiese groei.
Adjunkminister van Finansies sê regering gaan voort met ekonomiese en fiskale hervormings