Skip to content

AfriForum Jeug rig ‘n versoekskrif aan NWU oor ‘Kill the Boer’-slagspreuk

# AfriForum Jeug gaan vandag ‘n versoekskrif aan die bestuur van die Noordwes-Universiteit oorhandig oor die weiering om die slagspreuk “Kill the Boer” te veroordeel. Die eerste versoek wat in Junie aan vise-kanselier Bismark Tyobeka gestuur is, het gevolg nadat die kreet buite koshuise op die Potchefstroomse kampus gesing is. Yvonne Gerber van AfriForum sê hulle vra ook dissiplinêre optrede teen die betrokkenes. Lede van die jeuggroep sal die versoekskrif oorhandig aan die Kampusdirekteur vir Studentelewe, Corrie Rheeder.