# Die MK-party verwelkom ‘n beslissing van die Hooggeregshof in Limpopo as ‘n oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid vir plaaslike regering. Die hof het ‘n aansoek deur die munispale bestuurder van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit van die hand gewys, wat die MK-party se raadslid, Phetole Bosney Mashao, probeer verhoed het om sy toesigpligte uit te voer. ‘n MK-woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die beslissing beskerm raadslede se rol om korrupsie, bedrog, en wanverteenwoordiging in munisipaliteite te beveg.
MK-party belowe ‘n sterker stryd teen korrupsie na hofoorwinning