Skip to content

Nasionale adjunkpolisiekommissaris Sibiya verloor sy poging om terug te keer werk toe

# Die Hooggeregshof in Pretoria het die aansoek van die nasionale adjunkpolisiekommissaris Shadrack Sibiya om die besluit om hom op verlof te plaas, te hersien en tersyde te stel, met koste van die hand gewys. Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het Sibiya in Julie op verlof geplaas na aanleiding van korrupsiebewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi, wat hom van misdadige optrede beskuldig het. Sibiya het ‘n dringende aansoek ingedien wat Masemola se bevel, wat hy ‘n vermomde skorsing genoem het, betwis. Sibiya se prokureur, Ian Levitt, sê dit is nie die einde nie.