# COSATU het Suid-Afrika se 0,8-persent groei in die bruto binnelandse produk tussen April en Junie 2025 met omsigtigheid verwelkom. Dit verteenwoordig ‘n styging vergeleke met die 0,1-persent tussen Januarie en Maart. Winste is in mynbou, handel en vervaardiging aangeteken, maar konstruksie het afgeneem. Die federasie waarsku die groei kan van korte duur wees as gevolg van Amerikaanse tariefverhogings en stygende elektrisiteitskoste. Matthew Parks van Cosatu sê ‘n groeikoers van drie-persent is noodsaaklik om werkloosheid te verminder:
COSATU versigtig optimisties oor groei in tweede kwartaal, maar waarsku teen uitdagings [KLANK]
ENG-ParksOnGDP