Skip to content

Christelike forum beskuldig ANC van apartheid-era taktieke teen kwesbare gemeenskappe

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum het die ANC-regering beskuldig dat hulle die armes in die steek laat en die rykes beskerm. Die forum sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se onlangse opmerkings oor die verwydering van onwettige nedersettings kom neer op haatspraak teen die armes en buitelandse burgers. Planne om studente met ‘n skuldlas op ‘n swartlys te plaas, word ook veroordeel met verwysing na geleenthede vir die armes wat geblok word. Die forum se president, Marothi Mashashane, voer aan korrupsie, wanbestuur en die verwaarlosing van basiese dienste het armoede en ongelykheid vererger.