# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, NEASA, gaan nie die regering se rassekwotas nakom nie en sê hy gaan nie diskriminasie op grond van ras of geslag verdra nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het onlangs NEASA en Sakeliga se aansoek vir ʼn interdik teen die nuwe indiensnemingsteikens van die hand gewys. Die teikens vir sogenaamde Billike Indiensneming wil oor die volgende vyf jaar rasgebaseerde teikens afdwing op geskoolde, professionele en bestuursvlakke. NEASA sê geen onderneming kan gedy, of selfs net funksioneer, op rasse- of geslagsteikens nie.
NEASA sê ras en geslag hoort nie in enige aanstellingsproses nie