# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch toon pa’s se drankgebruik kan kinders se groei en ontwikkeling benadeel. Navorsers het bevind pa’s wat baie drink tydens ‘n swangerskap word gekoppel aan kinders wat korter is, kleiner koppe het en laer punte op die verbale Intelligensie-kwosiënt behaal. Marlene de Vries van die universiteit het op Internasionale Fetale Alkoholsindroomdag gesê die studie toon pa’s moet deel vorm van voorkomingstrategieë, aangesien hul alkoholgebruik ‘n regstreekse uitwerking op kinderontwikkeling het:
Stellenbosch-studie verbind pa’s se drankgebruik met kinderontwikkelingsprobleme [KLANK]
ENG MarleneOnAlcohol