Skip to content

Buro sê werkloosheidskrisis vererger namate arbeidsmag minder bydra

# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se ekonomie het ‘n skerp afname getoon, met groei wat van meer as vier-persent twee dekades gelede tot byna nul gedaal het. Die nuwe verslag gee staatskaping, beurtkrag, swak logistiek en verkwistende staatsbesteding die skuld. Die buro waarsku werkloosheid bly hoog namate die arbeidsmag minder bydra tot groei. Hy sê dringende hervormings soos die ontbondeling van Eskom, om Transnet reg te ruk, rompslomp te verminder en beleggersvertroue te herstel kan die groeikoers binne vyf jaar herstel tot bo twee-persent.