# ‘n Navorser aan die Universiteit van Pretoria, Hanlie Smuts, sê die koste van die berging van die wêreld se toenemende donker data – data wat gebêre maar nooit gebruik word nie – laat ‘n beduidende koolstofvoetspoor. Datasentrums is wêreldwyd die oorsaak van sowat twee-persent van koolstof- of kweekhuisgas-vrystellings, wat na verwagting teen 2030 sal verdubbel namate digitale gebruik toeneem. Smuts sê sy het ‘n maatskaplik-tegniese raamwerk en riglyn vir mense in die bedryf te ontwikkel om die bestuur van donker data te bemeester en kan bydra tot digitale ontkoling.
UP-navorser sê berging van ongebruikte data het hoë koolstofkoste