# Adjunkpresident Paul Mashatile sê ‘n aanval op ‘n polisiebeampte is ‘n aanval op die Staat self, en dit sal met die volle mag van die wet hanteer word. Hy het gister die jaarlikse Suid-Afrikaanse Polisiediens-herdenkingsdag in Pretoria toegespreek. Sewe-en-twintig polisiebeamptes het gedurende die 2024/2025-boekjaar hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor. ‘n Totaal van 66 polisiebeamptes is in net twee jaar dood. Mashatile sê die regering verskerp pogings om die veiligheid van beamptes te verseker:
Mashatile rig ‘n streng waarskuwing teen diegene wat polisiebeamptes vermoor [KLANK]
ENG MashatileOnForce