# Die DA het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy die dissiplinêre ondersoek na die geskorste Suid-Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andrew Chauke, vertraag het. Chauke, wat onder oudpresident Jacob Zuma aangestel is, het volgens berigte polities-verbonde figure beskerm. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê 45 dae het verloop sedert Chauke se skorsing, maar geen ondersoek het begin nie en hy verdien steeds ‘n volle salaris. Breytenbach beskuldig Ramaphosa omdat hy ‘n krisis in die Nasionale Vervolgingsgesag ignoreer.
DA sê Ramaphosa sleep voete oor geskorste Johannesburgse NVG-baas