Skip to content

Tennis: Sabalenka sien uit na kragmeting met Kyrgios in vertoonwedstryd

# Tennis: Die Wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, sê sy gaan haar bes doen om Nick Kyrgios se “gat te skop” indien die beoogde ‘Battle of the Sexes‘-wedstryd voortgaan. Die wedstryd tussen Sabalenka en die gewese Wimbledon-finalis word tans bespreek maar die datum en plek is nog nie bevestig nie. Drie amptelike sogenaamde ‘Battle of the Sexes-wedstryde is al gespeel. In 1973 het die veteraan Bobby Riggs vir Margaret Court geklop, met Billie Jean King wat vier maande later wraak geneem het. En in 1992 het Jimmy Connors die wedstryd teen sy mede-Grand Slam-kampioen Martina Navratilova gewen.