# Die Stellenbosch Munisipaliteit het sy bestuurder van menslike hulpbronne, Alexander Kannemeyer, geskors nadat ‘n video versprei is waarin hy voorstel dat die lewe moeilik gemaak moet word vir wit werknemers totdat hulle bedank. Die besluit volg na ‘n dringende raadsvergadering vandag, waar die DA se mosie vir ‘n skorsing deur 27 raadslede goedgekeur is, hangende ‘n onafhanklike ondersoek. Volgens News24, is ‘n aparte mosie van die GOOD-party vir Kannemeyer se onmiddelike afdanking verwerp, met 35 raadslede wat daarteen gestem het.
Stellenbosch-raad stem om hulpbronne-bestuurder te skors oor omstrede video