Skip to content

Verhoogsukses Hamilton tref filmteaters dié naweek

# Die Tony-bekroonde musiekblyspel Hamilton word dié naweek in teaters uitgereik. Hamilton is die verhaal van die Amerikaanse volkspionier Alexander Hamilton en sy betrokkenheid by die Amerikaanse Rewolusie. Die verhoogopvoering het 16 benoemings ontvang vir die Tony-toekennings in 2016, waarvan hy 11 gewen het, insluitend dié van Beste Musiekblyspel. Die fliek Hamilton kombineer die beste elemente van ‘n opvoering en film in ‘n mengsel van hip-hop, jazz, R&B en Broadway.