Skip to content

Departement van Verdediging vra uitstel van BRICS-Vlootoefening weens verbintenisse van G20-presidentskap

# Die Departement van Verdediging voer tans gesprekke om die gesamentlike BRICS-Vlootoefening uit te stel. Dis  oorspronklik vir November geskeduleer. Die oefening, wat elke twee jaar tussen Suid-Afrika, Rusland en China gehou word, sal na verwagting nou op ‘n latere, wedersyds-geskikte datum plaasvind. Siphiwe Dlamini van die departement sê die uitstel word benodig om ontwrigting van logistieke, veiligheids- en ander reëlings te vermy in verband met Suid-Afrika se G20-presidentskap.