Skip to content

Kommissie sê Johannesburgse behuisingskrisis veroorsaak deur armoede en gebrek aan goedkoop behuising

# Die kommissie van ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou sê Johannesburg se behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en te min bekostigbare behuising, nie net gekaapte geboue nie. Minstens 77 mense het in 2023 in die brand gesterf. Die kommissie, onder leiding van regter Sisi Khampepe, het 110 eiendomme ondersoek en bevind byna 80-persent hou ernstige brandgevare in. Die meeste is sonder water, elektrisiteit en sanitasie. Die kommissie beskuldig die stad dat hy nie behuising voorsien nie en toelaat dat meer as 30-duisend huishoudings in onveilige toestande leef.