Skip to content

ANC veroordeel die uitlek van Limpopo-voorsitter se opsystaan-brief

# Die ANC het die uitlek van sy Limpopo-voorsitter Stan Mathabatha se opsystaan-brief veroordeel. In ‘n brief aan die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het hy sy besluit om vrywillig te bedank bekendgemaak en wangedrag en ‘n gebrek aan waardes in die ANC as redes aangevoer. Hy sê dit is veral duidelik in die prosesse en gedrag van partylede tydens verkiesingskonferensies in die Vhembe- en Waterberg-streke. Die ANC sê Mathabatha se brief is ontvang, maar waarsku lede om interne kommunikasieprosesse en protokolle te volg.