Skip to content

Stellenbosch se burgemeester belê spesiale raadsvergadering oor bewerings van afknouery in werksplek

# Stellenbosch se burgemeester, Jeremy Fasser, sê ‘n spesiale raadsvergadering gaan dié week plaasvind om bewerings te bespreek van afknouery in die werksplek en konstruktiewe ontslag. Dit volg op ‘n uitgelekte video uit 2023 waarin die munisipaliteit se bestuurder vir menslike hulpbronne, Alexander Kannemeyer, voorstel dat wit werknemers ongemaklik gemaak moet word tot hulle bedank. Fasser sê die owerheid gaan aanstellings-beleid hersien om rasgegronde afknouery te verhoed. Hy sê afknouery en diskriminasie van enige aard sal nie geduld word nie.