# AfriForum se privaat ondersoekeenheid onder leiding van Gerrie Nel het ‘n dossier aan Amerikaanse owerhede oorhandig waarin gevra word vir sanksies teen die leier van die EFF, Julius Malema, ingevolge die Globale Magnitsky-wet. Die wetgewing, wat in 2016 aanvaar is, stel regerings in staat om sanksies te aanvaar teen buitelanders en instellings vir ernstige menseregte-vergrype en korrupsie. Die dossier verwys na korrupsie, geldwassery en bande met die VBS- en die On-Point-skandaal. Nel sê Suid-Afrikaanse owerhede het nagelaat om op te tree en daarom is internasionale druk nodig
AfriForum vra Amerikaanse sanksies teen Malema ingevolge die Globale Magnitsky-wet