# AfriForum en die Suider-Afrikaanse Agri-projek, Saai, het ‘n dossier vrygestel waarin die EFF-leier, Julius Malema, se anti-Westerse uitsprake en steun vir sosialistiese en militante groepe uiteengesit word. Daarin word beweer dat hy Amerika, NAVO, die Europese Unie en die Statebond kritiseer, terwyl hy lande soos China, Rusland, Kuba en Venezuela ophef. Sy steun vir Hamas en Iran word ook genoem. AfriForum en Saai beoog om die dossier internasionaal te versprei, verantwoordbaarheid te eis en wêreldwye bewusmaking van Malema se ideologiese standpunte te verhoog.
AfriForum en Saai se dossier beklemtoon Malema se anti-Westerse standpunt