# Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het ‘n aanvullende beëdigde verklaring by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy aansoek om heraanstelling te versterk. Dit volg op die besluit om 121 dossiere terug te besorg aan die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde. Kommissaris Fannie Masemola het Sibiya geskors omdat hy sy opdragte oor die ontbinding van die taakspan verontagsaam het. In die aanvullende verklaring beweer Sibiya dat Masemola se besluit oor die dossiere voortydig is en neerkom op inmenging met die Madlanga-kommissie se werk.
Shadrack Sibiya dien aanvullende verklaring in om sy kans op heraanstelling te versterk