# Die Sioniste Christelike kerk sê hul nuwejaars-toewydingskonferensie sal van Woensdag tot 10 September in Moria in Limpopo gehou word. Dit is hulle eerste groot byeenkoms sedert die Covid-19-pandemie. Kerkgangers word versoek om verkeersreëls na te kom, te verseker dat voertuie padwaardig is en toesig oor kinders te hou. Die kerk se woordvoerder Moatshe Ngoepe sê die kerk sal nou saamwerk met wetstoepassing om orde te handhaaf en ‘n veilige en geestelik opbouende geleentheid vir alle deelnemers te verseker:
ZCC berei voor vir nuwejaarstoewydingskonferensie met streng veiligheidsmaatreëls [KLANK]
ENG NgoepeOnConference