# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê stygende wêreldwye skuld en inflasie toon die behoefte aan sterk ekonomiese beleid. Sy nuwe verslag dui aan inflasie in Suid-Afrika het sedert die pandemie afgeneem en fiskale en monetêre beleid beweeg in die rigting van stabiliteit. Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank hersien die inflasieteiken, wat nou tussen drie- en ses-persent is, met die Reserwebank wat 4,5-persent teiken. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê ‘n hersiening sal help om groei te beskerm en die ekonomie te versterk.
Kamer van Koophandel sê SA moet inflasieteiken hersien te midde van wêreldwye risiko’s