Skip to content

MK-party veroordeel beweerde wanbestuur en werkersuitbuiting by Daybreak Foods

# Die MK-party veroordeel die voortgesette krisis by die staatsbefondsde Daybreak Foods ten sterkste en noem beweerde wanbestuur, uitbuiting van werkers en wanbetaling van salarisse. Die party sê werknemers ondervind intimidasie, dreigemente en stagnante bydraes tot die Voorsorgfonds terwyl bestuur bedryfs-verantwoordelikhede ignoreer. Ondanks 224-miljoen-rand in openbare befondsing, ontvang werkers slegs ‘n toelaag van een-duisend-500 rand ingevolge ‘n betwiste plan. Die party eis onmiddellike salarisbetalings, deursigtigheid oor voordele, ‘n einde aan intimidasie, ‘n parlementêre ondersoek en aanspreeklikheid vir leierskapsmislukkings.