Skip to content

Malatsi bepleit bekostigbare verbinding vir digitale ekonomie in SA

# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê betroubare en bekostigbare verbinding is noodsaaklik vir ekonomiese groei. Malatsi het tydens Nedbank se inligtingstegnologie 2025-konferensie in Sandton beklemtoon, verbinding is nie ‘n luukse nie, maar ‘n kwessie van waardigheid, onderrig en veiligheid. Hy het samewerking tussen die regering en die sakewêreld aangemoedig om die digitale ekonomie te ontsluit. Die minister het regulatoriese hervormings, laer toestelkoste en uitgebreide infrastruktuur belowe om insluiting, belegging en volhoubare transformasie te bevorder.